CHRISTUS IN MY

Woordsaad Gedagte.
KLIEK OP DIE TITEL.

Ek glo dat jy vandag begin met ‘n lied in jou hart, ‘n wip in jou kuif en indien jy nie ‘n kuif het nie, ‘n wip in jou stap.

Paasfees en die Bruid se Galasiërs 2 [20] verklaring bring ‘n vars bries van vry wees op ‘n Vrydag.

Jy en ek het nie nodig om mense te oortuig van ons posisie as Bruid in Christus Jesus nie.

Ons leef in en deur die krag waarmee ons vrygemaak is, terwyl die Gees self saam met ons gees getuig dat ons kinders van God is. Romeine 8 [16]

En dit bring ons by ‘n woord wat baie in die Psalms voorkom, naamlik “Selah”.

“Selah” is deel van die Bruid se geestelike leefstyl.

Die Hebreërs sê dit beteken om “op te hou, te weeg, of te pouseer”.

Wanneer jy ophou met dit waarmee jy besig is, pouseer jy.

Doen dit vandag en laat die vars bries van jou Galasiërs 2 [20] verklaring jou geestelike vryheid bevestig, want “Christus Jesus leef in jou”.

Vrede Vir Jou.

Loading

Scroll to Top