
Ons bied ‘n gratis diens aan vir groot en klein Christen Entrepreneurs en Besighede.
Ons leef in uitdagende tye waar Christene nie kwytgesteld is van die elke dag se finansieƫle uitdagings en druk nie.
Dit is dan wanneer ons in die krag van God moet opstaan en ons Godgegewe talente en vaardighede moet toepas en uitleef na buite. En of u werk vanuit u huis, kombuis, sitkamer, garage of stoor, doen dit wat jou hand vind om te doen.
Ons maak gebruik van ‘n eenvoudige bemarkings aanbieding van u handewerk, produk of diens.
Die 3 W’s van bemarking is:
Wie Is Ek ? (Naam van U Ondernemeing)
Wat Doen Ek ? (Die produk wat u aanbied)
Waar Kan Ek Gekontak Word ? (E-pos)
Dit is presies wat ons van u nodig het.
U stuur vir ons u besonderhede en ‘n kort beskrywing van u besigheid met al die nodige kontak nommers en e-posadres.
Foto’s [± 30] om u produkte aan voornemende kopers voor te stel.
Ons stel vir u die blad en aanlynboekie op, asook ‘n vorm wat die voornemende kliente invul en direk per e-pos aan u stuur.
Hierdie diens is slegs vir Christen Entrepreneurs en Christene. (Onderhewig aan goedkeuringsproses)
Woordsaad Bediening bied slegs hierdie diens aan en neem geen verantwoordelikheid vir enige transaksies tussen die verskaffer en voornemende kliente.
U kan ‘n donasie maak indien u hierdie diens wil seĆ«n, maar u staan onder geen verpligting nie.
Kliek op die skakel: MY DONASIE
Kontak Woordsaad Bediening deur die onderstaande vorm in te vul en te stuur.
![]()
