GEBEDSVERSOEKE

Gebed is direkte kommunikasie met God die Vader deur Sy Seun, Jesus Christus.
Dit is die kragtigste wapen wat die kinders van God tot hul beskikking het teen die legio aanslae van die duiwel op elke vlak van die samelewing.

Paulus som dit in ‘n neutedop vir ons op in:
2Kor 10:3  Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; V:4  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, V:5  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, V:6  en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

Hierdie wapens is volgens Efes 6:17 die swaard van die Gees nl. die Woord van God.
En dan volg hierdie woord in: Efes 6:18  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
Gebed (Gesprek met God) en Smeking (‘n Ernstige versoek tot God rig), staan nie los van mekaar nie, maar is juis die bewys wie ons Bron is en in wie ons geloof is.

Hy is dié Éen tot wie ons nader deur Sy seun, Jesus Christus, op grond van Sy Woord en Sy uitnodiging in: Psa 50:15  en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
Hierdie vers sê: “en roep My aan …” (dié Éen in wie jy/ek ons geloof stel) – “in die dag van benoudheid …” (ongeag die aard van die situasie of omstandigdheid) –  “Ek sal jou uithelp …” (God se Gewaarborgde Belofte) – “en jy moet My eer” (byvoorbaat danksegging – jou/my getuienis is die sleutel tot gebedverhoring).

Indien u gebedsondersteuning nodig het, is u welkom om dit te stuur deur die onderstaande besonderhede in te vul.
U word ook aangemoedig om ook self in gebed te bly totdat die deurbraak kom.

U Kan Ons Ook Whatsapp By: 072 604 9799 

__________________________________________________

Loading

Scroll to Top