LEEF EN BEWEEG

Woordsaad Gedagte

Weereens ‘n voorreg om jou te groet in die Naam van ons Koning, Jesus Christus.

Ek glo dat jy gister die geestelike omvang van Efesiërs 1 [ 3 – 8] toegelaat het om van jou besit te neem.

Paulus bring ons uit by hierdie verborgenheid in:
Kolossense 1[26] naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges.

Hier vind ons ‘n groot waarheid wat ons redding uit genade bevestig.

Hierdie verborgenheid wat vir geslagte verborge was, is jou en my geestelike energie stafie vir vandag.


Ons lees buite op die omhulsel die volgende.

“Die leuen van Eden het nie die laaste sê oor jou en my lewe nie.”

Deur ons Here Jesus Christus is die stukkende beeld van Génesis 1 [26] herstel.

Jy en ek as weergebore Bruid van Jesus Christus is nie meer ‘n misleide Eva wat vir die slang se taktiek en woorde val nie.

Nee ! Jy en ek as die weergebore Bruid van Jesus Christus is beklee en bemagtig met die volle outoriteit van die Geliefde volgens Efesiërs 1 [6].

Ons is geanker in die Woord wat herstel.

Acts 17 [28] For in Him we live and move and exist [that is, in Him we actually have our being], as even some of your own poets have said, ‘For we also are His children.’

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top