‘N TYD SOOS NOU

Woordsaad Gedagte

Ons ken die verhaal van Ester, haar oom Mórdegai en die bose Haman wat ‘n bevelskrif uitgereik het dat die Joodse volk uitgeroei moet word.

Koningin Ester herinner ‘n hoogs ontstelde Mórdegai, dat hy nie net in die binneste voorhof van die koning mag ingaan nie.

Sou hy dit doen sal hy gedood word, behalwe wanneer die koning sy goue septer na hom uitsteek, dat hy mag lewe.

Mórdegai herinner haar dat sy ook ‘n Jood is in:

Ester 4 [13] “…Verbeel jou nie dat jy alleen uit al die Jode in die huis van die koning sal vrykom nie. 

[14] Want as jy nou werklik swyg, sal daar van ‘n ander kant af verligting en redding vir die Jode tot stand kom, maar jy en jou familie sal omkom, En Wie Weet Of Jy Nie Met Die Oog Op ‘N Tyd Soos Hierdie Tot Die Koninklike Waardigheid Geraak Het Nie?”

“…And who knows whether you have attained royalty for such a time as this?” [Amplified]
 
Soos ‘n Ester is jy en ek as weergebore Kind van God hier met ‘n doel.

Jy en ek is deur God op hierdie spesifieke oomblik in die geskiedenis geplaas om ‘n lig in ‘n donker en uitdagende wêreld en tye te wees.

Jy en ek kan nie net passief wag vir “die regte” of “’n beter tyd” nie.

Jy en ek is geroep “.. Met Die Oog Op ‘N Tyd Soos Hierdie …”, om die dringendheid en passie van ‘n Mórdegai te openbaar.

Jy en ek is geroep soos ‘n Ester “.. Met Die Oog Op ‘N Tyd Soos Hierdie …”, om in die bres te treë vir jou man, vrou, kinders, familie, vriende en gemeenskap.

Hebreërs 11 [6] En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

Wees jy vandag die Mórdegai en Ester wat nie die knie buig nie, maar in die krag van die Heilige Gees en in die Naam van Jesus Christus jou plek inneem “.. Met Die Oog Op ‘N Tyd Soos Hierdie …”

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top