
Woordsaad Gedagte
Goeiemôre.
Ons leef in ‘n mallemeule wêreld wat heen en weer geslinger word deur uitdagings, hartseer, teleurstellings en eina’s wat nie oornag deur ‘n opplak pleistertjie genees nie.
Al hierdie dinge laat ons takel ons af en geestelik honger en dors ons vanuit ons dor harte na uitkoms.
Daarom kan ons vandag ons Hemelse Vader dank vir dit wat nog oppad is.
Hy stuur op die regte tyd in ons lewens die geestelike reëns.
Dit versadig die honger en die dors na die woestyntye wat ons nie altyd verstaan nie.
Dit is die “crunch time” tye waar ons geloof tot die uiterste beproef word.
Dit is die uitroeptye wanneer selfs die Woordsaad dood, droog en dor klink en lyk.
En dan, wanneer ons Hom nog steeds daarvoor dank, ongeag die omstandighede, verskyn ‘n wolkie so groot soos ‘n man se hand.
En wanneer daardie eerste druppels in ons dorre lewens neerplof, bring dit lewe en oorvloed.
Dit is dan wanneer ons uitroep:
Psalms 30 [12] U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;
[13] sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.
Vrede Vir Jou.
![]()
