
Woordsaad Gedagte
Mag jy hier aan die einde van nog ‘n week oorvloediglik geseënd wees in alles wat jy doen.
Ons beleef ‘n seisoen van groot uitdagings en saam met dit ‘n vloedgolf van gebedsversoeke.
Die inhoud van elke versoek is gevul met harte en uitroepe sonder hoop.
En tog is dit verblydend om te besef, dat elke gebedsversoek ‘n keuse is.
Dat gebed die kragtigste wapen is wat ons as weergebore Kinders van God besit.
En wanneer ons begin bid sien ek hierdie prentjie in Openbaring 8 [3 – 4].
‘n Engel met goue wierookbak by die altaar – met baie reukwerk met die gebedes van die heiliges om ‘n reukwerk voor God te laat opgaan op die goue altaar voor die troon.
Dawid roep uit in: Psalms 141 [2] Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.
Wanneer ons bid, waarmee is jou en my gebede gevul ?
Is daar iets wat ons mis ?
Soos die Vader wil gaan ons soos ‘n Maria die beste deel kies.
Dit is om by Jesus Christus se voete te sit en by Hom te leer.
Vrede Vir Jou.
![]()
