TOT LOF EN VAN SY HEERLIKHEID

Woordsaad Gedagte

Ek glo dat jy ‘n heerlike en geseënde Saterdag geniet het.

Vanaand wil ons Efesiërs 1 [6] in klein porsies oopbreek.

Hierdie vers lees: “tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.”

Die woorde: “tot lof van die heerlikheid” word vanuit die Grieks en Hebreeus vir ons opgesom in sleutelwoorde soos “Lof / Goedkeuring / Heerlikheid / Gewig”.

Ek vra baie die vraag: “Here, wat is die kern en doel van my redding uit genade ?”

Die antwoord vind ons juis in hierdie woorde:“tot lof van die heerlikheid”.

Weet jy, die einddoel van jou en my redding en herstel uit genade is nie menslike prestasies nie.

Dit lê in die “geestelike gewig” van God se karakter en goedheid wat in jou en my lewe moet sigbaar wees, sodat Hy in alles die eer ontvang.

Sonder Hom en sonder Sy Heilige Gees is ons niks, maar nou is ons die lewende bewyse en kragtige getuies van die Onsigbare Een wat nou in ons en deur ons werk.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top