KABOT

Woordsaad Gedagte

Goeiemôre op hierdie 2de dag van ‘n splinternuwe maand.
Vandag is dag 275 met nog net 90 dae oor van 2026.
275 Dae wat agter jou en my lê vol van God se liefde, genade en seëninge.

Kolossense 1 [27] eindig met die woorde “..dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.” 

“Hoop” beteken hier nie ‘n wensgedagte van “ek hoop maar dit of dat gaan gebeur” nie.

Hierdie hoop in vers [27] beteken ‘n geestelike sekerheid wat bevestig word deur die Heilige Gees. Soos bv. Romeine 8 [16].

“Heerlikheid” verwys hier na God se oorweldigende, tasbare en sigbare teenwoordigheid, majesteit en karakter.

Omdat Christus Jesus in die ware weergebore Kind van God leef, is daar ’n absolute waarborg dat Sy karakter en lewe in hul sigbaar sal wees.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top