
SAMARITAAN
Woordsaad Gedagte
‘n Groot voorreg om vandag wakker te kon word met die wete dat vandag deel van God se wil is vir jou lewe.
Gister het ons die vraag gevra: “Sien ek nog mense rondom my raak “?
In Lukas 10 vertel die Here Jesus van ‘n man wat deur rowers beroof en geslaan is.
Hy lê half dood in die pad en ‘n priester en Leviet gaan onderskeidelik by hom verby.
[V:31] Die priester sien hom en toe: “…gaan hy anderkant verby.”
[V:32] Net so ook ‘n Leviet wat hom sien wat ook: “… die anderkant verbygegaan.”
Die Amplified Bybel lees: “…he passed by on the other side.”
Vandag se rotte resie lewe maak mense rondom ons onsigbaar.
Ons besige skedules en eie belange maak ons blind vir hulle wat hier reg voor ons stukkend, swaarkry en eensaam is.
Ons kyk die karwag, die skoonmaker en daardie stil kollega mis, omdat ons te haastig is en dan gaan ons “die anderkant verby.”
Lukas 10 [33] Maar ‘n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,
Hoe gaan ons vandag optree teenoor hulle wie God oor ons pad stuur ?
Is dit soos die priester, die Leviet …of… “…en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel.”
Vrede Vir Jou
![]()
