
Woordsaad Gedagte
Die week lê amper op sy rug met ‘n dag of twee om die batterye te laai.
In Johannes 4 [7] lees ons die woorde:
“Daar kom ‘n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink.”
Hierdie vrou het haar ware toestand probeer beskerm met:
[9] “…For Jews have no dealings with Samaritans…
Jesus Christus het egter anders na haar gekyk..
Sy was inderdaad deur die samelewing geëtiketteer en vermy, maar Hy het haar menswees, nood en geestelike dors raakgesien.
Is daar iemand teenoor wie jy ‘n vooroordeel of afkeer het weens hul agtergrond, persoonlikheid of optrede ?
Dink aan daardie persoon vandag nie op grond van wat jy van hulle weet nie, maar wat Jesus Christus van jou en my verwag om te doen.
Kom ons vra onsself: “Wat sou Jesus doen ?”
Vrede Vir Jou.
![]()
