SKREFIE

Woordsaad Gedagte

Wat ‘n wonderlike geleentheid om vandag te kan begin met ‘n loflied van dankbaarheid.

Paulus moedig ons aan in:
Kolossense 3 [16] Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid.

Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

Ons “Shamar” as weergebore Kinders van God, wanneer ons geestelik waak oor ons herstelde families, terwyl ons ‘n heining van dorings rondom hulle bou om dit te beskerm.

Dit terwyl ons op die uitkyk is vir “Methodeia”, die “kragtige, berekende strategieë of strikke” van die vyand, die duiwel.

Die rede is dat hy soek nie ‘n oop deur nie, maar net ‘n klein skrefie. [Topos]

Hierdie woordjie “skrefie” beteken onder andere “plek, ruimte, posisie, of gebied”.

In Efesiërs 4 [27] waarsku Paulus ons dat ons elkeen in die familie dieselfde geestelike verantwoordelikheid het … “…en gee aan die duiwel geen plek [topos] nie.”

Hier beteken dit om vir die duiwel geen wettige vastrapplek, geleentheid, invloed of reg gee om in jou lewe te werk nie.

Onvergewensgesindheid, bitterheid, leuens of onbeheerste woede gee die duiwel ‘n “topos”, ‘n geleentheid of vastrapplek om verdeeldheid, skuld, vrees of vernietiging in ‘n familie te bevorder.

Kom ons kom ons geestelike verantwoordelikheid voor God en ons families na en “Shamar” in die krag van die Heilige Gees wat ons instaatstel om die “Methodeia” van die duiwel te onderskei.

Jakobus 4 [7] Onderwerp julle dan [in gehoorsaamheid] aan God; weerstaan die duiwel [moenie deur jou optrede vir die duiwel enige “grond” afstaan waarop hy kan staan en invloed uitoefen nie], en hy sal van julle wegvlug. 

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top