NA SY BEELD

Woordsaad Gedagte

Dit is lente en mag hierdie nuwe seisoen ook geestelike ‘n aangename geur wees voor God.

2 Korinthiërs 2 [15] Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan;

Vandag staan ons terwille van ons boeties en sussies wat intussen bygekom het, net ‘n bietjie stil by ons sleutel gedagtes en verse.

Voor die grondlegging van die wêreld het God die hemel en die aarde geskape. Génesis 1 [1]

Net om te bestaan ? Nee ! Om dit te vul met dit wat Hy uitgespreek het wat alreeds in Sy denke gevorm was voor die grondlegging van die aarde, naamlik:
“Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,”Génesis 1 [26]

In [27] lees ons dat Hy man en vrou geskape het “na ons beeld, na ons gelykenis” soos Hy Hom weereens voorgeneem het voor die grondlegging van die wêreld en “en laat hulle heers oor ..”.

Hulle was heersers oor dit wat Hy hulle aangestel het.

Nou word die proses in Génesis 2 meer in detail vir ons oopgebreek.

Die mens word vanuit die stof geformeer en word ‘n lewende siel, nadat God in die mens se neus die asem van lewe geblaas het. Génesis 2 [7]

Beide Adam en Eva leef nou in perfekte harmonie as lewende Beelddraers van die Godheid in die plek wat God vir hulle gegee het in die Tuin van Eden. Génesis 2 [8]

In Génesis 3 word ons voorgestel aan die duiwel, die slang.

Sy aanval op die Godheid oortuig Adam en Eva en hulle maak die vrye wilskeuse om te eet van die vrug van die leuen wat die hy na hulle uitgehou het.

Hulle verloor in die proses ook hul heerskappy en mag, want tydens Jesus Christus se versoeking in die woestyn hoor ons hom, die duiwe verklaar in:

Lukas 4 [5 ] Toe bring die duiwel Hom [Jesus] op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 

Koninkryke staan altyd onder die heerskappy van ‘n koning. [‘n Posisie van mag]

[6] En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag [heerskappy] gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 

Wanneer het hy dit ontvang ?

Dit was die oomblik toe Adam en Eva ongehoorsaam was aan God se opdrag in:

Génesis 2 [15] Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak. 

[16] En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin > MAG < jy vry eet, 

[17] maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan MAG jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, SAL jy sekerlik sterwe.   

Die oorspronklike, ongeskonde staat van die mens, geskep om God se karakter te weerspieël en volmaak in Sy teenwoordigheid te leef, lê aan skerwe.

Ek glo dat ons almal al hoe meer die prentjie verstaan en die woorde van Paulus in:

Kolossense 1 [26] naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, 

Ons sal soos die Vader wil met ons volgende aanbieding verder gaan.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top