VOOR DIE GRONDLEGGING

Woordsaad Gedagte

‘n Spinternuwe dag en week en die voorreg om dit te begin met ‘n danklied in ons harte.

Ons gaan vandag begin met die verse [skakels] wat met mekaar verbind oor die “verborgenheid” wat vir geslagte verborge was.

Génesis 1 [26a]: “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,”

Hierdie is God se ewige bloudruk vir jou en my geestelike identiteit en herstel.

En dan 2 Timótheüs 3 [17]
“ …sodat die mens van God volkome [Artios] kan wees, vir elke goeie werk volkome [Artios] toegerus.”

Artios beteken “Volkome toegerus, reggemaak of om in die oorspronklike bruikbare toestand herstel te wees.”

Tussen hierdie twee verse vind ons:
Efesiërs 1 [4 ] “soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,”

Amplified: [V 4] “.. just as [in His love] He chose us in Christ [actually selected us for Himself as His own] before the foundation of the world, so that we would be holy [that is, consecrated, set apart for Him, purpose-driven] and blameless in His sight.”

Twee woorde sleutelwoorde, naamlik “Uitverkies” en “Grondlegging”.

Die Griekse woord “Ekelefato” kom van die woord “Eklego”, wat beteken om liefdevol en doelgerig met die hand uit te kies. [Hand-Picked]

Kyk ons na voor die “Grondlegging” van die wêreld kyk ons na:

Génesis 1 [1] “In die begin het God die hemel en die aarde geskape. [“Bara” = om te skep uit niks”].

Jy en ek is ook geskape uit dit wat eers niks was nie en toe vorm God [“Yatzar”] jou en my wat Hy alreeds in Sy gedagtes gevorm het.

Die vraag is nou:
“Wat is die doel dat die Heilige Gees vir jou en my êrens in hierdie lewe oortuig het van sonde, van geregtigheid en van oordeel ?

Johannes 16 [8] en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: 

Jou redding uit genade was nie toevallig nie, maar is deur God besluit voor tyd begin het.

Lukas 8 [10] En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top