
Woordsaad Gedagte
Wat ‘n heerlike voorreg geleentheid om die dag te begin met ‘n lofsang in ons harte.
Wat is jou lied waarmee jy vandag begin ?
Wanneer die Here Jesus Christus in Lukas 8 [10] vir ons sê:
“Aan julle is dit > gegee om die verborgenhede [musterion] van die koninkryk van God te ken <; “ en …
Paulus in Kolossense 1 [26] skryf:
“ … naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,“ … word hierdie twee verse ‘n kragtige openbaring.
Ons vind dit in:
Efesiërs 1 [3] Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
[4] soos Hy > ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld < [Die Rede ?] om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,
[5] deurdat Hy > ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem < deur Jesus Christus, na die welbehae van > sy wil,< [Die Rede ?]
[6 ] tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
Soos die Vader wil, gaan ons Maandag saam stap en hierdie verborgenheid met mekaar deel.
Mag jy ‘n geseënde en oorvloedige naweek geniet.
Vrede Vir Jou.
![]()
