
VERBORGENHEID
Woordsaad Gedagte
Ek glo dat jy jou dag begin met ‘n lied in jou hart vol van dankbaarheid, want God is goed en Sy goedertierenheid is tot in alle ewigheid.
Die Here Jesus Christus se woorde aan Sy dissipels, maar ook aan jou en my, openbaar dat ware Christenskap veel dieper strek as net ‘n oppervlakkige Godsdiens.
Lukas 8 [10] En Hy antwoord: Aan julle is dit > gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken <; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.
Ons moet verstaan dat om die verborgenheid van God te ken, moet ons eers in die Wingerdstok, Jesus Christus ingeënt word, sodat Sy lewe deur jou en my kan vloei.
Ware Christenskap is ’n ingrypende hartsverandering waar God se Beeld van binne na buite herstel word.
Paulus bevestig aan wie hierdie verborgenhede geopenbaar word in:
Kolossense 1 [26] naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,
Hierdie woorde van Paulus skuif die gordyn weg, sodat ons God se ewige Raadsplan verstaan.
Vrede Vir Jou.
![]()
