SPESIAAL GOD SE KIND

EK IS SPESIAAL

Woordsaad Gedagte

Ek weet nie van jou nie, maar die Vader het die afgelope paar dae vir my persoonlik so spesiaal laat voel.

Om die omvang daarvan te probeer beskryf is oorweldigend en woorde leeg.

Die feit dat ons vanoggend ons oë oopgemaak het, was en is ons deel van Sy ewige Raadsplan wat jou en my insluit.

Iets wat my getref het is die feit dat jy en ek nie vandag loop as ‘n toevallige mens nie.

Ons is die produk van Sy ewige Besluit, ‘n Goddelike voorneme nog voor tyd daar was.

Ek wil vir jou vandag aanmoedig om Génesis 1 [26] en 2 Timótheüs 3 [16 – 17] te memoriseer, asook die prentjie raaksien wat ons daaroor gedeel het.

Die rede is dat die Heilige Gees vir ons deur die Woord agter die gordyn van die ewigheid neem om die volgende woorde van Jesus Christus en Paulus te verstaan.

Ons het die geestelike lyn getrek tussen Génesis 1 [26] se oorspronklike bloudruk vir die mens en 2 Timótheüs 3 [16 – 17] se herstel van die geestelike asem deur die Woord.

Nou kom Paulus en hy skryf in:

Kolossense 1 [26] oor die “verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,”.

Die Here Jesus Christus spreek ‘n menigte toe oor die saaier en saad wat op verskillende plekke val.

Sy dissipels verstaan dit ook nie so lekker nie en vra in:

Lukas 8 [9 ] “Wat beteken hierdie gelykenis tog ?” 

Let nou op die Here Jesus Christus se woorde in:

[V:10]  En Hy antwoord: Aan julle is dit > gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken <; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.

En dit is presies wat die Heilige Gees in hierdie dae swaar op ons harte druk om dit ook met jou te deel.

Dit is vir die volwasse weergebore Kind van God wat ernstig is oor die ware verhouding tussen ons Bruidegom, Jesus Christus en jou en my as Sy Bruid, Sy Bruidsgemeente.

Vra die Heilige Gees om die honger en die dors na die waarheid in jou wakker te maak, sodat ons die erns van jou en my as weergebore Kind van God op aarde, sal verstaan en doen.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top