
Woordsaad Gedagte
Ons neem vandag twee skakels [∞] van ‘n ketting wat Génesis 1[26] en 2Timótheüs3[17] verteenwoordig.
Die rede is om dit net meer prakties en eenvoudig oor te dra vir hulle wie gevra het.
In Génesis 1 [26] vind ons die oorspronklike bloudruk vir die mens. [Skakel 1]
God se doel met die skepping van die mens was bedoel dat die mens die Beelddraers wees wat God se karakter, Sy liefde, Sy heerlikheid en outoriteit op die aarde weerspieël.
Daardie beeld is egter vervorm en gebreek as gevolg van ongehoorsaamheid aan God wat gelei na sonde.
Sonde is dus die vrug van ongehoorsaamheid aan God.
Dit bring ons by Sy Goddelike metode wat Hy regdeur die Ou Testament profeties bevestig en gebruik het.
Sy Seun, Jesus Christus se koms na die aarde was om vergifnis van sonde, verlossing van slawerny en versoening met God te bewerk.
Dit was om Génesis1 [26] se “na ons beeld,na ons gelykenis …” te herstel om Sy uiteindelike doel te bereik.
Die bring ons uit by 2 Timótheüs 3 [16 – 17] – [Skakel 2]
“Die hele Skrif is deur God > INGEGEE < , [Grieks = Theopneustos] en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, [Rede ?] sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
“Theopneustos“ bestaan uit twee woorde, naamlik “Theo = God” en “Pneuma = Asem/Gees”.
Nou ! Net soos God in Génesis 2 [7] Sy asem van die lewe in die mens se neus geblaas [Hebreeus = Neshama] het, en die mens ‘n lewende siel geword het, blaas Hy deur die HELE Skrif, weer Sy “Theopneustos”, Sy lewe in ons in ! Hallelujah !!
Daarom vind ons in 2 Timótheüs 3 [7] twee maal die woorde “volkome”.
“ …sodat die mens van God volkome [Artios] kan wees, vir elke goeie werk volkome [Artios] toegerus.”
“Volkome toegerus, reggemaak of om in die oorspronklike bruikbare toestand herstel te wees.”
Die Woord van God is die werkswinkel waar die Heilige Gees die stukkende, vervormde en sondige beeld van die mens vat en dit herskep, sodat ons weer lyk soos die oorspronklike en ware Beelddraers van Génesis 1 [26].
Paulus druk dit vir ons perfek uit wat Génesis 1 [26] en 2 Timótheüs 3 [6 – 7] perfek kombineer.
Kolossense 3 [10] “…en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, “
Loof Die Here En Vrede Vir Jou !
![]()
