
Woordsaad Gedagte
Ons wil vandag begin en God die Vader dankie vir die wete dat vir ons elkeen liefhet.
Dat Hy van elke situasie en uitdaging in jou lewe weet en jy nou ook vir Hom kan dankie sê vir Sy ewige liefde, genade en ontferming.
Hy nooi ons in: Psalms 50 [15] en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
Dit wat ons Saterdag met jou gedeel het gee ons hoop wanneer ons as weergebore Kind van God, Sy hand in ons lewe raaksien.
Ons het afgesluit met die woordjie “volkome” [artios] wat twee maal voorkom in 2 Timótheüs 3 [17]. “die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
Dit beteken om volledig, reggemaak, of teruggebring te word na God se oorspronklike bedoeling met die mens.
Die Bybel, die Woord van God, funksioneer dus as die instrument wat die verlore mens volkome kan herstel na daardie oorspronklike beeld, doel en begeerte wat vloei vanuit die Vaderhart van God, die Godheid self. Génesis 1 [26]
Génesis 1 [26] is dus hoe en waarvoor God die mens bedoel het.
Daarna die sondeval.
2 Timótheüs 3 [17] wys na die proses van herstel.
“’n Mens van God” is elkeen van ons wat deur die Woord en die Heilige Gees herskep is om weer deel te word van: “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,…”.
Dit is hoe God dit oorspronklik bedoel het.
Is jy ook daardie een wie se sondige beeld deur weergeboorte herstel is na God se oorspronklike doel met die mens ?
Die rede ? Sodat “die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
Vrede Vir Jou.
![]()
