DIE OORSPRONKLIKE

Woordsaad Gedagte

Dankie dat jy deel is van ons elke dag se saai van die Woordsaad.


Ons ontvang baie boodskappies, gebedsversoeke, getuienisse en waardeer geestelike insette wat deel is van ons geestelike groei en ondersteuning.

Dawid het gister volgens Psalms 139:16 ons weereens laat besef die wonderlike voorreg en die grootste geskenk uit ons Skepper God se hand, naamlik lewe.

Kom ons staan net vir ‘n oomblik hier stil by Sy oorspronklike, ewige raadsplan vir elke mens voor die grondlegging van die wêreld.

Ons vind dit in Génesis 1 [26a]: “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,…”


Hierdie woorde is die begeerte wat vloei vanuit die Vaderhart van God, die Godheid self.
Sy oorspronklike doel was dat die mens, jy en ek ingesluit, Sy Beelddraers moet wees.

Dat jy en ek Sy karakter, Sy liefde en Sy heerlikheid in hierdie deurmekaar wêreld sal reflekteer.

En hier is jy en ek vanoggend en saam ontdek ons onder leiding van die Heilige Gees ‘n verborge skat.

God se doel met jou en my het nie net in Génesis 1 begin nie.

Die Heilige Gees neem ons agter die gordyn van die ewigheid in.

En Hy gebruik Paulus om vir ‘n jong Timótheüs en ook vir jou en my, te laat onthou dat:

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. [2 Timótheüs 3: 16 – 17]


V:17 begin met Paulus wat die doel van die hele Skrif bevestig, naamik “sodat die mens van God volkome kan wees….”

Hy gebruik hier die Griekse term “die mens van God” as ‘n spesifieke titel vir ‘n dienskneg of ‘n leier soos Timótheüs.

Hier vind ons egter die teologiese skakel tussen Génesis 1 [26] en 2 Timótheüs 3 [17].

Die “mense na ons beeld” en “mens van God” verwys na God se oorspronklike bloudruk vir die hele mensdom.

Dit was die oorspronklike, ongeskonde staat van die mens, geskep om God se karakter te weerspieël en volmaak in Sy teenwoordigheid te leef.

Paulus skryf verder dat “die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”

Die woordjie “volkome” [artios] kom twee maal voor in hierdie [V:17].


Dit beteken om volledig, reggemaak, of teruggebring te word na en Sy oorspronklike bedoeling te wees.

Die Bybel, die Woord van God, funksioneer dus as die instrument wat die verlore mens volkome kan herstel na daardie oorspronklike beeld, doel en begeerte wat vloei vanuit die Vaderhart van God, die Godheid self. Génesis 1 [26]

Kom ons vra die Heilige Gees om hierdie beeld van God se soewereine wil vir ons oopgaan.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top