
Woordsaad Gedagte
Goeiemôre.
Mag hierdie dag gevul wees vol van dankbaarheid wat jy deel met ander en dat elke tree wat jy gee gevul sal wees met die goedheid en guns van ons Hemelse Vader volgens Sy wil.
Ons het Woensdag afgesluit met die vraag:
“Kan ek God genoeg vertrou om vir Hom te vra vir wat ek graag wil hê, maar Hom ook genoeg vertrou om die antwoord aan Hom oor te laat ?” [Volgens Sy Soewereine Wil]
Dawid openbaar in Psalms 139 iets baie kosbaar wanneer hy uitroep in:
[V;16] U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: DAE dat alles bepaal was, TOE NOG GEENEEN van hulle daar was nie.
Wat leer ons en moet ons hier verstaan ?
God is God en nog voor die grondlegging van hierdie wêreld [Efesiërs 1:4] het Hy ‘n doel en ‘n plan vir jou en my lewe wat Hy werk volgens Sy soewereine wil.
Dit sluit in die eerste en die laaste dag, die eerste en laaste asemtreë van jou en my lewe gedurende ons aardse reis.
Wat van jou en my redding uit genade ?
Het God dit ook voorbeskik en om watter rede ?
Wat dink jy en deel dit gerus.
Vrede Vir Jou.
![]()
