
Woordsaad Gedagte
Goeiemôre !
‘n Splinternuwe dag en ‘n nuwe lied soos in:
Psalms 96 [1] Sing tot eer van die HERE ‘n nuwe lied; sing voor die HERE, o ganse aarde !
Dankie vir jou deelname indien jy gister gedeel het oor wat jy in die skool van die lewe en in die skool van Jesus Christus geleer het oor onbeantwoorde gebede.
1Johannes 5:14 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
Hy verhoor ons “as ons iets vra VOLGENS SY WIL”.
Kom ons som dit in een sinnetjie op.
“God Het Die Laaste Sê”.
Die vraag wat ek vir myself afvra en eerlik moet antwoord is:
“Kan ek God genoeg vertrou om vir Hom te vra vir wat ek graag wil hê, maar Hom ook genoeg vertrou om die antwoord aan Hom oor te laat ?”
Indien jou antwoord ‘n “Ja” is, verklaar dan hardop: …
“Ek glo God kan. Daarom vra ek met vrymoedigheid. En omdat ek Hom vertrou, kan ek ook die antwoord aan Hom toevertrou.”
Jy en ek word opgeroep om te bid met geloof, vrymoedigheid, volgens die Woord, vir genesing en om God te vertrou met die uitkoms.
Vrede Vir Jou.
![]()
