
Woordsaad Gedagte
Ek wil vanoggend net weer dankie sê vir jou gebede wat opgegaan het vir die 19 jarige Tristan van der Merwe wat gister na ‘n motorongeluk, oorlede is.
Sy mammie is ook noodlottig beseer tydens die ongeluk.
Uit Tristan se dood is daar ‘n paar vrae wat aan my gestuur is.
Onder andere ook Skrif uit die Woord:
1Johannes 5 [15] En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
“Maar Here ! Ons het dan in gehoorsaamheid en in geloof gebid ? Bid ons dan verkeerd ? Is ons geloof te min ? Is daar sonde in ons lewe ?”
Hierdie is van die vrae wat jy, ek en baie van ons ook al gevra het.
Is dit verkeerd ? Nee !
Ek bid om 4vm in St George’s Hospitaal in Port Elizabeth vir ‘n 7dae oue seuntjie in die ICU.
Sy pappie staan langs my met hierdie piepklein klein handjie wat sy duim vashou.
Ons roep God daardie oggend in geloof en op grond van Sy Woord aan vir ‘n bo-natuurlike ingryping en wonderwerk in daardie seuntjie se liggaampie.
Ek sluit af met “Amen” en die pappie se woorde “Daar gaan my seuntjie ! Ds. André ! Hy’s dood !”, was vir my in daardie oomblikke soos ‘n onsigbare vuishou wat die lewe uit my laat vloei het.
Dit was ook die begin van ‘n geestelike worstelstryd wat vir maande in my menswees gewoed het.
Hoeveel mense weet jy van wat om jou worstel met vrae oor gebed en veral, onbeantwoorde gebede ?
Wat sal jou antwoord aan hulle wees ?
Deel dit met ons my ?
Vrede Vir Jou.
![]()
