WOORDE

Woordsaad Gedagte

‘n Splinternuwe dag en week het vir ons elkeen aangebreek en jy en ek weet ons stap vandag nie alleen in nie.


Ons gebed:

Psalms 119 [133] Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie. 

Salomo deel met ons so ‘n kort stukkie vandag uit:
Spreuke 18 [20] Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.

[21] Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. 

Het jy ook al ‘n iets vir iemand gesê en dan voel dit agterna asof jy jou tong kon afbyt oor die inhoud daarvan ?

Die ergste is dat jy nie net daardie woorde en die inhoud waarmee dit gevul is, kan laat verdwyn nie.

Salomo sê dat jy en ek saai die saad van woorde en die oes bring of lewe of dood, seën of vervloeking voort.

Ons “oes” m.a.w. die woorde wat ons voortdurend spreek.
Ons lippe lewer vir ons ’n opbrengs.

Jakobus sê in:

Jakobus 3 [10] Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.*

*“[for we have a moral obligation to speak in a manner that reflects our fear of God and profound respect for His precepts].“

Kom ons vra vir onsself die vraag vandag.

Watter vrug wil ek oes vandag ?

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top