
Woordsaad Gedagte
Goeiemôre !
Mag jy vandag begin en saam met Dawid uitroep in Psalms 69 [31]
“Ek wil die Naam van God prys met ‘n lied en Hom groot maak met danksegging …”
Dawid roep nie uit “Ek gaan nog die Naam van God prys nie.”
Nee ! Sy keuse is: “Ek wil …”, soos ons vandag begin ongeag jou en my omstandighede of hoe ons voel.
Dit sluit aan by Paulus se Kolossense 3:16 waarmee ons gister mee afgesluit het en dan weer dadelik koppel aan die krag van die tong en ons spraak.
Wanneer ons geestelik herstel word, word ons liggame die lewende tempel, die huis van die inwonende Heilige Gees.
1 Korinthiërs 3 [16] Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie ? [Ons het nou twee 3 [16]s in hierdie twee verse]
Wanneer jy jou ou sitkamerstel uit die huis verwyder, los dit ‘n vakuum jou die sitkamer.
Dit geld ook vir enige ander vertrek in jou huis.
Die oomblik toe jy Jesus Christus se vergifnis ontvang het deur jou berouvolle belydenis van sonde, is elke sondige “meubelstuk” uit jou sondige “huis” verwyder op grond van die reinigende krag van die bloed van Jesus Christus.
Nou kom Paulus en verklaar in:
2 Korinthiërs 5 [17] Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan [is verwyder], kyk, dit het alles nuut geword.
Die “ou meubelstukke” is uitgewerp en dit laat ‘n geestelike vakuum [ruimte] wat gevul moet word.
Indien daardie geestelike ruimte nie aktief gevul word nie, gaan die vyand, die duiwel probeer terugkom.
Kolossense 3 [16] het vir ons die afgelope paar dae gewys die hoe en waarmee ons fisiese en geestelike herstelde huise waarin ons woon, gevul moet word. [Lees en leer hierdie teks.]
Daarom moet elke area van ons as die lewende tempels van die Heilige Gees, gevul bly.
Hoekom is dit so belangrik ?
Woorde word gevorm in jou en my denke. Woorde het waarde.
Die waarde van jou en my woorde word bepaal deur die inhoud waarmee ons woorde gevul is.
Indien my wil, my denke en emosie onder die gesag en beheer staan van die Heilige Gees, is daar net een instrument wat die inhoud, die waarde waarmee ons woorde gevul is, bekend maak, naamlik die tong.
Soos die Vader wil, gaan ons kyk na hierdie klein stuurwiel van jou en my geestelike huis, sowel as die fisiese huis waarin ons woon.
Vrede Vir Jou.
![]()
