MAG VAN DIE TONG

Woordsaad Gedagte

Vandag met al sy uitdagings lê voor, maar ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. [Romeine 8:28]

Wanneer ons terugkyk na Paulus se woorde in Kolossense 3 [16], word dit die geestelik herstelde gesin se daaglikse ritme.

Kom ons verfris net ons denke met hierdie woorde:

Kolossense 3 [16].

”Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.“


Hierdie geestelike ritme word nou vir hierdie gesin ‘n onstuitbare geestelike momentum.

Die huis word ‘n plek waar die teenwoordigheid van Jesus Christus so tasbaar is, dat wanneer enige iemand daar instap, hulle onmiddellik die “Shalom” vrede van God se Koninkryk, Sy heerskappy, beleef

Ons het by ‘n vorige Woordsaad Gedagte gedeel oor hoe hierdie geestelike momentum begin by ons “Shamar” verantwoordelikheid as weergebore Kinders van God.

Dit beteken wanneer ons geestelik waak oor ons herstelde families, terwyl ons ‘n heining van dorings rondom hulle bou om dit te beskerm.

Dit terwyl ons op die uitkyk is vir “Methodeia”, die “kragtige, berekende strategieë of strikke” van die vyand, die duiwel.

Die rede is dat hy soek nie ‘n oop deur nie, maar net ‘n klein skrefie. [Topos]

Hierdie woordjie “skrefie” beteken onder andere “plek, ruimte, posisie, of gebied”.

Noudat die *Shamar*-wagters by die poort van die huis staan en die Wapenrusting [Panoplia] aangetrek is, ontstaan die vraag:

Hoe hou ons as geestelike herstelde gesin dag na dag hierdie momentum aan die gang sonder dat die gesin geestelik uitbrand ?

Paulus het nie net met ons Kolossense 3 [16] gedeel om dit daar te laat nie, maar koppel dit onmiddellik aan die krag van die tong en wat ons spreek.

Soos die Vader wil gaan ons môreoggend saam iets baie kosbaar leer.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top