DANKBAARHEIDLIED

Woordsaad Gedagte

Die koue knyp en jaag ons omtrent tussen die warm mussies, truie, baadjies, komberse en keteltjies.

Tog kan ons vandag begin met Paulus se laaste woorde in:

”Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, …

“…en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.“

Dit sluit herfs, winter, lente en somer en al jou en my omstandighede in.

Hierdie “sing in julle hart” word gedryf deur die “enjin van dankbaarheid”.

Die enjin word gedryf deur die krag van die Heilige Gees.

Ons leef in 2026 met huise wat gekenmerk word deur ‘n gees van “Entitlement”.

Dit beteken om te voel dat die wêreld nou vir jou en my iets skuld.

Ons kla steen en been oor alles wat verkeerd is.

Of dit nou die ekonomie, die siek musiek van politiek en politici, ‘n blompot of stoffie op die vensterbank of die buurman se hond wat blaf, ons kla en herskryf die klaagliedere van Jeremiades.

Die ergste is dat baie van ons dit nie eens agterkom nie.

…MAAR…

In die herstelde huis van die Bruid van Jesus Christus heers daar egter die Gees van diep deurdrenkte dankbaarheid.

Dit maak nie saak die omstandighede, of hoe klein die kleinste seëninge is nie.

Stemme vul die huis met die Woord van Christus Jesus, die geur wat van die harts-altare opstyg met psalms, lofsange en geestelike liedere.. … harte gevul met dankbaarheid tot eer van die Here.

Dankbaarheid sluit die mure van die huis, sodat kwaad, bitterheid en haat nie kan inkom nie.

Filippense 4 [7] En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. 

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top