
Woordsaad Gedagte
Vandag wil ons begin met die uitroep in:
1Petrus 1 [3] Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
Wat ‘n voorreg het ons nie om hierdie geskenk, die gawe vanuit God se hand, die wedergeboorte deelagtig te wees nie.
In Génesis 1 [26a] het ons God se ewige bloudruk vir jou en my geestelike identiteit en herstel geleer.
Net so vind ons vandag in Génesis 3 die duiwel [slang] se bloudruk wat die wêreldsisteem en die “kerk” mislei.
Die hartseer is dat dit vloei vanuit die tuin van Eden.
“Eden” beteken letterlik vreugde, genot of welriekend in Hebreeus.
“Eden“ was die plek van God se goedheid in oorvloed.
“Eden” was ontmoetingsplek tussen God en die mensdom.
Adam is ‘n tipe van die gevalle mens en die wêreldsisteem.
Hy verloor sy outoriteit deur ongehoorsaamheid aan God.
Lukas 4 [6] En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.
In 2026 leef die wêreld sisteem onder dieselfde gees van die eerste Adam.
Ons sien en hoor hoe die mens probeer om sonder God te heers, gedryf deur die bloudruk van die duiwel self.
Dit is die gees van rebellie, selfverheffing en eiewilligheid.
Eiewilligheid beteken om God te probeer dien op jou eie voorwaardes of volgens jou eie
uitgedinkte reëls, in plaas van wat God in sy Woord vra.
1Petrus 5 [8] Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
Vrede Vir Jou.
![]()
