
Woordsaad Gedagte
Die winter wys nog tande en bult spiere, terwyl jy en ek ons God en Koning vir elke kosbare druppel reën loof en prys.
Psalms 147 [7] Sing ‘n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter;
[8] wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit, [11] Die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.
Gister het ons geleer dat Adam ‘n tipe is van die gevalle mens en die wêreldsisteem.
Hy verloor sy outoriteit deur ongehoorsaamheid aan God.
Vandag kry ons ‘n kykie in nog ‘n verborgenheid met Eva as ‘n tipe van die Bruid, die Bruidsgemeente van ons Bruidegom, Jesus Christus.
Sy is deur God gevorm vanuit die sy van ‘n slapende Adam. [Génesis 2:21–22]
Net so is die Bruid, die Bruidsgemeente [Die Ware Kerk] ,gebore uit die oopgesnyde sy van die Tweede Adam, naamlik ons Here Jesus Christus toe Hy aan die kruis vir jou en my gesterf het.
1Korinthiers 15 [45] So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
Vrede Vir Jou.
![]()
