
Woordsaad Gedagte
‘n Goeie Maandag vir jou.
Want Psalms 118 [24] roep vanoggend uit: “Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”
Indien jy gisteraand ingeskakel het tydens die program Manna Vir Die Week, dankie vir jou tyd, gebede en ondersteuning, want dit was verseker geseënd.
Ons het Saterdag afgesluit met hierdie gedagtes.
Eva is deur God gevorm vanuit die sy van ‘n slapende Adam. [Génesis 2:21–22]
Net so is die Bruid, die Bruidsgemeente [Die Ware Kerk] gebore uit die oopgesnyde sy van die Tweede Adam, naamlik ons Here Jesus Christus toe Hy aan die kruis vir jou en my gesterf het.
1Korinthiers 15 [45] So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
Die slang, die Satan self se aanslag vandag en taktiek het nog nooit verander nie.
Hy val nie die eerste Adam aan met ‘n direkte konfrontasie nie, maar benader wel vir Eva [die Bruid, die Kerk] met ‘n verdraaiing van die woorde van God.
Hy kom met ‘n vraag in Génesis 3 [1] “Is dit ook so dat God gesê het…?”
Kan jy ook raaksien dat die vyand se grootste aanval op die kerk van ons tyd, is nie soseer vervolging van buite nie, maar ‘n subtiele misleiding van binne.
Hy probeer om die Bruid van Jesus Christus te oorreed om haar lewensasem, die suiwer Woord van God te verruil vir ‘n menslike “watered down” evangelie wat die deur vir die kultuur van die wêreldsisteem oopmaak met toegang tot binne in die kerk.
Mag ons in hierdie dae die Heilige Gees vra om ons uit te lei uit ‘n kerksisteem waar die Evangelie van Jesus Christus besmet is met ‘n gees van godsdiens en met die suurdeeg van hierdie wêreld.
Matthéüs 24 [4] En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
Vrede Vir Jou.
![]()
