
Woordsaad Gedagte
Ek glo dat jy die afgelope Erfenisdag geniet het.
Ek het gister so ‘n bietjie by Petrus gaan leer oor “erfenis” en hy lees toe vir my uit sy boek in:
1Petrus 1 [3] Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,[4] sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike ERFENIS kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons
[5] wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
Hy stuur my toe ook met hierdie boodskap van Paulus vir jou vandag.
Romeine 8 [16] Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; [17] en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Amplified Bybel:
[V:16]The Spirit Himself testifies and confirms together with our spirit [assuring us] that we [believers] are children of God.
[17] And if [we are His] children, [then we are His] heirs also: heirs of God and fellow heirs with Christ [sharing His spiritual blessing and inheritance], if indeed we share in His suffering so that we may also share in His glory.
Vrede Vir Jou.
![]()
