IN EN DEUR MY

Woordsaad Gedagte

Goeiemôre,
Wat ‘n wonderlike voorreg is dit nie, om wakker te kon word met ‘n lied in ons harte nie.

Vandag leef “I lift my hands to the coming King …” in my hart.
Wat van joune ?

Vandag is daar ‘n vers in Efesiërs 3 [16] wat lees:

“…om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens…”

“…to be strengthened and infiltrated with power through His Spirit in the inner self…”[Amplified]

Hierdie woorde vertel vir ons dat God verander ons eers, voordat Hy jou en my gebruik.

Dit is die Heilige Gees wat eers in ons eie harte werk om jou en my karakter te vorm, voordat Hy kragtig deur ons na ander kan vloei.

Waar en wanneer begin jy en ek vandag. ?

Dit begin nou, vandag met ‘n stil oomblik en alleen gesprek.

“Heilige Gees, wys my indien daar iets in my hart is wat weggeruim moet word, sodat U vrylik deur my kan werk.”

Vrede Vir Jou

Loading

Save to list

Scroll to Top