
Woordsaad Gedagte
Elke nuwe dag bring nuwe hoop en die geur daarvan vul die kamers ook van ons harte.
Die wyse Salomo skryf ‘n vers in Spreuke 20 [12].
“ ‘n Oor wat hoor, en ‘n oog wat sien—die HERE het hulle altwee gemaak.”
“ The hearing ear and the seeing eye, the Lord has made both of them.” [Amplified]
Hierdie woorde laat jou en my met die vraag: “Hoekom ?”
Die antwoord is eenvoudig.
Jesus Christus gebruik jou en my oë om die nood en pyn raak te sien.
Hy gebruik jou en my ore om sonder oordeel na mense se swaar harte te luister.
God is die Vervaardiger van jou en my en Sy doel was en is dat Hy in en dan deur jou en my die stukkende wêreld om ons wil bereik.
Daar is vandag ‘n groot moontlikheid dat iemand, een van die stukkendes, met jou en my gaan praat.
Kom ons wees sensitief en kyk verby die uiterlike en luister aandagtig wat hulle sê sonder om hulle te onderbreek of net raad te gee.
Wees afhanklike en vertrou op die leiding van die Heilige Gees om jou te laat sien en hoor wat jy moet sien en hoor.
Jy en ek is vandag Sy oë en Sy ore.
Vrede Vir Jou.
![]()
