AMBASSADEUR

Woordsaad Gedagte


Wees gegroet met Paulus se woorde in:

Kolossense 3 [15] En laat die vrede van God, waartoe julle [jy] ook in een liggaam geroep is, in julle [jou hart] harte heers, en wees dankbaar.

Ons sleutelvers vir vandag vind ons in:

2 Korinthiërs 5 [20]: “Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan…”

“So we are ambassadors for Christ, as though God were making His appeal through us…” [Amplified]

Ons, jy en ek is die gesante, die ambassadeurs vir Christus Jesus hier op aarde.

Ons leef dit uit wanneer ons die stemme word van hoop.

Ons spreek woorde wat lewe, liefde en genade bring.

Dit beteken ook woorde wat opbou, bemoedig en die waarheid in liefde oordra.

Wees jy vandag die stem van hoop vir iemand wat deur ‘n uitdagende tyd gaan en laat jou lei deur die Heilige Gees om die regte woorde oor te dra as die “ ambassador for Christ.”

Vrede Vir Jou.

Loading

Scroll to Top