
Woordsaad Gedagte
Wees gegroet op hierdie eerste dag van Augustus met ‘n ysigheid in die lug, maar met warm harte vol dankbaarheid vir die voorreg van lewe uit die hand van ons Skepper God.
Een van die mooi voorbeelde van ‘n herstelde familie, is wanneer die vader die besondere verantwoordelik neem om die geestelike standaard van sy huis te vestig.
Riglyne.
- Deur onderwerping in gehoorsaamheid aan God.
- Deur self die lewende rolmodel te leef, want kinders volg meer wat hulle sien as wat hulle hoor.
- Sy vrou en kinders moet sien dat sy tyd in die Woord van God en gebed belangriker is as ‘n skerm.
- Die vader moet teenwoordig wees.
Die rede is dat emosionele afwesigheid skep dikwels ‘n “topos” skrefie vir invloede van buite. - Baie belangrik is oop kommunikasie.
Kinders moet weet dat hulle enige iets met die vader kan bespreek sonder veroordeling. - Dit is beter om eerder te beskerm as om alles en almal te wil beheer.
- Reëls is van geen nut sonder verhouding, want dit kan lei tot geheimhouding.
Laastens:
“A man’s greatest victory is not that he never fell, but that he got up, put on the Armor of God, and walked back into his house as a King and Priest under Jesus Christ.”
Vir die herstelde vaders wil ek bemoedig.
Jy is nie ‘n indringer in jou eie huis nie; jy is die aangestelde priester wat huis toe gekom het. Staan stewig in daardie roeping !
Josua 1[9]
“Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed; moenie skrik of ontstel word nie, want die HERE jou God is met jou oral waar jy heengaan.”
Vrede Vir Jou.
——————–
![]()
