DIE MAMMA

Woordsaad Gedagte

Mag Augustus 2026 ‘n maand van oorwinning, deurbrake en nuwe geestelike momentum wees in die krag van die Heilige Gees.

Ons het Saterdag gekyk na die mooi voorbeelde van ‘n herstelde familie, wanneer die vader die besondere verantwoordelik neem om die geestelike standaard van sy huis te vestig.

Vandag gesels ek met die mamma’s, die moeder se unieke invloed op die atmosfeer van die huis.

Sjoe ! Waar begin ons, want wat is ‘n huis sonder ‘n moeder wat God dien.

Sy skep daardie rustige, veilige omgewing waar dit maklik is om praat maklik te maak.

Sy sal winter en somer voor almal opstaan en tyd afsonder om te bid vir haar man, kinders en kleinkinders.

Sy is fyn ingestel om haar kinders bewus te hou van hoe om te onderskei om die “Topos”, die skrefie te onderskei.

Sy en haar man werk saam as ‘n span en praat uit een mond, want sy weet dat verdeelde ouers skep verdeeldheid in die huis wat dit makliker maak vir verkeerde invloede om ‘n vastrapplek te kry.

Die sleutel bly gehoorsaamheid aan God en ‘n bewustheid van ons as ouers se geestelike verantwoordelikheid.

Hebreërs 4 [13]  En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top