DANKBAAR

Woordsaad Gedagte

Is jy ook opgewonde oor hierdie nuwe dag en die wete dat ons saam kan uitroep in:

Psalms 118 [28] “U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.” 

Jou en my God is die “EK IS” en daarom wil ons Hom loof en wil ons Hom verhoog, want Hy alleen is waardig om geloof, verhoog en geprys te word.

Ek is so dankbaar vir elke huisgesin wat Hy deur Sy grote liefde en genade in hierdie dae herstel.

En dit is presies die redes waarom ‘n herstelde familie dankbaar moet wees.


Dankbaar dat God nie net hulle as familie herstel het nie, maar hul juis as kragtige instrumente wil gebruik om ander families te lei en te ondersteun.

Die krag van dankbaarheid vloei altyd vanuit genade.

Efesiërs 2 [8] “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; “

Ondankbaarheid is wanneer ons vergeet waarvan ons vergewe is.


Dankbaarheid vereis dat ons sal glo, ongeag ….

Vanoggend herinner Paulus ons in:

Filippense 4 [6] “Wees oor niks besorg nie, ….”

Dit beteken letterlik:
“Moenie oor selfs een enkele ding deur bekommernis uitmekaar getrek word nie.”


Nou kom hy met die oplossing:

“….maar laat julle BEGEERTES in ALLES deur GEBED en SMEKING met DANKSEGGING bekend word by God.” 

Jy sien, gebed en smekinge met danksegging bring die hart van families weer bymekaar in God se teenwoordigheid.

Daarom [Vers 7 ]: “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”


Bekommernis verdeel die hart.
God se vrede bewaak die hart.

Daarom bring en behou dankbaarheid en danksegging ware herstel en genesing.

Spreuke 17 [22] ‘n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

Maak ‘n lysie en skryf vandag neer waarvoor jy alles dankbaar is.
Deel dit met iemand vandag.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top