BEHOU MOMENTUM

Woordsaad Gedagte

Goeiemôre.

Mag jy vandag ‘n dag beleef van krag en sterkte in en deur die leiding van die Heilige Gees wat in elke ware weergebore Kind van God teenwoordig is.

Ons as die geestelik herstelde weergebore Kinders van God kan nooit op ons louere rus nie.

Ons het die weke geleer hoe moeilik dit kan wees om die pad na herstel met ons kinders te stap, sodat daar weer opregte liefde, respek en eenheid kan wees in die familie.

Die sleutel is heel eerste gehoorsaamheid aan God.

Daarom mag die gesin nie nou geestelike momentum verloor nie.

Daarom kom Paulus weereens in:

Efesiërs 6 [11] Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Nêrens in die Woord lees ons om dit in die aand uit te trek en dan weer môreoggend aan te trek nie.

Die vyand sedoel is selde om ‘n gesin in een dag te vernietig.
Hy werk dikwels deur klein toegewings wat mettertyd groter word.

Paulushet ons juis gewaarskuin:

Efesiërs 4 [27] om geen “topos” aan die duiwel te gee nie—geen ruimte waarin sonde, onvergewensgesindheid, bitterheid, geheimhouding of versoeking kan wortelskiet nie.

Nou wil ek byvoeg.

Jou en my fokus as weergebore Kind van God is nie om voortdurend bang vir die duiwel te wees nie.

Ons fokus is op Jesus Christus.

Waar Hy regeer, waar Sy Woord sentraal staan, waar daar vergifnis, waarheid en liefde is, word die ruimte vir die vyand al kleiner.

Hier leer ons dat’nhuis waar die ouers saam bid, saam die Here dien en saam hul kinders in liefde lei, is nie ‘n huis sonder versoekings nie, maar dit is ‘n huis waar die “deur” na God oopgehou word en die “topos” vir die vyand doelbewus toegemaak word.

Dit is waarskynlik die sterkste geestelike beskerming wat ‘n Christen familie kan hê.

Dit is waar die geestelike momentum van krag tot krag gaan.

Paulus gee vir ons ‘n kragtige momentum sleutel in:

Kolossense 3 [6] Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top