
Woordsaad Gedagte.
Wees gegroet is die Naam bo alle name, Jesus Christus, ons Ewige Koning.
Ons het Woensdag afgesluit met die kragtige momentum sleutel in Kolossense 3 [16].
”Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.“
Om hierdie vers te verstaan, moet ons verstaan hoe momentum is die geestelike werk.
Jul motor staan gestrand teen ‘n opdraand met ‘n dooie battery.
Om die motor van daardie stilstaande posisie te begin stoot, gaan uiterste spierkrag, sweet en moeite vra wat hom skaars ‘n millimeter gaan laat beweeg.
Dit is nie net uitputtend nie, maar amper onmoontlik.
Kom ons sê die ouerpaar kry dit reg en bereik die kruin van die bult met tande wat kners, rooi gesigte, are wat bult soos rooi worsies met brandende keel en bors.
Voor hulle lê die afdraand.
Gaan hulle die motor nog steeds stoot om vorentoe te beweeg ?
Nee !
Hul motor gaan vanself begin beweeg en pappie hoef hom slegs te stuur.
Die motor se gewig werk nou vir hulle in plaas van teen hulle.
By baie herstelde families probeer die ouers nog steeds stoot om te bewys hulle is nou goeie “Christene”.
Die probleem is dat hulle dit doen vanuit hulle eie krag wat hul energie [batterye] gaan tap wat die hele huis tot stilstand kan bring.
Die Kolossense 3 [16] huisgesin het egter die ware kragbron ontdek.
Ouers en kinders het die Woord van God toegelaat om van hulle besit te neem en ryklik in hulle te woon.
Vanaf hul harte se altare is die huis nou gevul met die geur, die reukoffers van hul gebede.
Die geestelike momentum in die huis het verander en werk vir hulle en nie meer teen hulle nie.
Stap jy die Kolossense 3 [16] huis binne, ervaar jy vrede.
Wanneer uitdagings of storms die huis tref, het vrees en konflik geen plek meer nie.
Die momentum krag van die Heilige Gees, dra die ouers en kinders outomaties na gebed, vas, lofprysing en aanbidding.
Nou is die vraag wat ons, onsself kan afvra.
Is my huis ‘n Kolossense 3 [16] huis, gedryf deur die momentum krag van die Heilige Gees ?
Vrede Vir Jou.
![]()
