FAMILIE

Woordsaad Gedagte

Mag jy vandag die ware rus in en deur Christus Jesus geniet na gees, siel en liggaam.

Gister was ons so stoot-stoot die bult uit en toe kry ons karretjie momentum en spoed die bult af.

Nou stoot ons as familie nie meer nie, maar stuur nou net.

Die motor se gewig werk nou vir ons in plaas van teen hulle.

Nou leer ons ietsie by wanneer Paulus in Kolossense 3 [16] sê:

“Laat die woord van Christus ryklik in julle woon… leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange…”

Hierdie is die geestelike brandstof wat vir ons gegee word wat die geestelike momentum skep.

Dit is onstuitbaar wanneer die Heilige Gees oorneem, want dit is die krag momentum wat vloei vanuit God se Koninkryk.

“Laat die woord van Christus ryklik in julle woon…”
“Laat die Logos en Rhema van Christus Jesus ryklik in julle woon.”

Christus Jesus kom maak Homself tuis in jou en my.

Hy is nie net ‘n “gas” wat vir ‘n uur of twee in ons huise verwelkom word nie.

Die Woord, Jesus Christus kom nie vir ‘n twee weke kuiertjie nie, maar Hy kom om permanent te bly en die huis oor te neem.

“Laat die woord van Christus ryklik in julle woon…”

“Ryklik” beteken in die Grieks [oorvloedig, weelderig, sonder skaarsheid].

In die geestelike herstelde huis vind ons nie die Bybel êrens onder die stof op ‘n koffietafeltjie nie.

Die waarhede van Jesus Christus vloei nou weelderig in die gesels wanneer die geestelike herstelde familie om die eettafel met mekaar uit die Woord kommunikeer.

Dit is wanneer die krag momentum van die Heilige Gees die beheer oorneem in die geestelike herstelde familie.

Is dit ook jou begeerte vir jou familie ?

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top