VERMAAN

Woordsaad Gedagte

Die wyse Prediker skryf in:

Prediker 4 [6] Een handvol rus is beter as altwee vuiste vol moeite en gejaag na wind.

Indien jy op hierdie vakansiedag nie nodig het om te gaan werk nie, bederf jouself so ‘n bietjie en rus, want die Prediker weet waarvan hy praat.

Ons het alreeds by Paulus in Kolossense 3 [16] geleer:

”Laat die woord van Christus ryklik in julle woon …”

Nou gaan hy verder met: “ … in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar…”

Die woord “vermaan” beteken “om in die verstand in te skerp” … of … “om iemand op te leer deur hul moed in te spreek of liefdevol reg te stel.” [Noutheteō]

Waar Jesus Christus die Hoof is van ‘n huis, word regstelling gedoen met “Noutheteō”.

Dit beteken vanuit die Woord, met wysheid en sagmoedigheid, want die Woord self dra die gewig en outoriteit.

Kom ons leer mekaar en herinner mekaar gereeld aan wie ons in Christus Jesus is.

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top