MISLEIDING

Woordsaad Gedagte

Goeiemôre.
Vandag gee Salomo vir jou en my ‘n onthou boodskappie.

Spreuke 3 [5] Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. 
[6] Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. 

Kom ons die voorwaardes na in [V:5 en 6a], sal [belofte] Hy jou pad wat jy en ek vandag gaan stap, gelykmaak

Gister het ons gekyk na die mens, Adam en sy vrou Eva se keuse in ongehoorsaamheid aan God en die gevolge daarvan.

Die les wat ons daaruit leer is dat jou en my keuses bepaal ons einddoel.

Paulus waarsku ons in 2 Korinthiërs 11 [2 – 3] oor presies dieselfde taktiek wat die duiwel nog steeds in 2026 gebruik om die Bruidsgemeente te mislei.

Hier die Paulus se woorde.
“Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel. 

Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.” 

In Génesis 1 [26a] het ons God se ewige bloudruk vir jou en my geestelike identiteit en herstel geleer.

Net so vind ons vandag in Génesis 3 die duiwel [slang] se bloudruk wat die wêreldsisteem en die “kerk” mislei.

Die hartseer is dat dit vloei vanuit die tuin van Eden.

“Eden” beteken letterlik vreugde, genot of welriekend in Hebreeus.
“Eden“ was die plek van God se goedheid in oorvloed.
“Eden” was die ontmoetingsplek tussen God en die mensdom.

Beleef jy vandag die “Eden” soos God dit oorspronklik bedoel het vir jou en my lewe ?

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top