VOORBESKIK

Woordsaad Gedagte

Dit is Vrydag met ‘n dankbaarheid vir wie God is en vir Sy Woord wat gevul is met Sy asem van lewe.

En nou kom die Psalmis en roep jou en my vandag op in:

Psalms 150 [6] Laat alles wat asem het, die HERE loof ! Halleluja !

Ons lees in:

Ephesians 1 [5]

He predestined [Afr. Vertaling = voorbeskik] and lovingly planned for us to be adopted [Afr. Vertaling = aanneming] to Himself as [His own] children through Jesus Christ, in accordance with the kind intention and good pleasure of His will— [Amplified Bybel]

Die woord “predestined” bestaan uit twee Griekse woorde naamlik “vooraf” en om “’n lyn te te trek of die lyn van die horison te stel”.

Lees weer die vers.

God het nog voor die skepping alreeds die grens en eindbestemming van jou en my lewe vasgestel.

Die woord “aanneming” bestaan ook uit twee Griekse woorde naamlik “volwasse seun” en “om te plaas”.

Dit verwys na ‘n weeskind wat nie net aangeneem word nie, maar nou ‘n volle regmatige erfgenaam is met koninklike outoriteit in die familie van God “ in accordance with the kind intention and good pleasure of His will.”

Wat beteken dit vandag vir jou as kind van God ?

Vrede Vir Jou.

Loading

Save to list

Scroll to Top