
Woordsaad Gedagte
Wees vandag gegroet en geseënd met net die beste vanuit God se hand.
Ons het gister gedeel uit Efesiërs 1 [6] en dit leer vir ons, ons Posisionele Identiteit.
Dit beteken waar jy en ek staan.
Jy en ek is begenadig “in die Geliefde”.
Vandag leer ons in Kolossense 1 [27] en dit leer vir ons, ons Inwonende Realiteit.
Dit beteken Wie binne-in jou en my leef.
Die Amplified Bybel stel dit so duidelik in:
[27] God [in His eternal plan] chose to make known to them how great for the Gentiles [nie Jode] are the riches of the glory of this mystery, which is CHRIST IN AND AMONG YOU, the hope and guarantee of [realizing the] glory
Vir duisende jare in die Ou Testament het God by Sy mense gewoon (in die Tabernakel of die Tempel).
Maar die geheimenis wat vir eeue verborge was en nou oopgebreek word vir jou en my, is dit:
God woon nie meer in geboue van klip nie, maar Hy woon nou IN die mens, IN jou en my !
Dit is nie maar net ’n goeie idee of ’n stel reëls wat in jou en my koppe vassit nie.
Dit is die lewende Persoon van Jesus Christus wat deur die Heilige Gees Sy intrek in jou en my gees geneem het.
Mag hierdie kort gedagte jou en my ware identiteit in Christus Jesus bevestig.
Seën Vir Jou.
![]()
